Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het in die boot geklim en Hy het na die ander kant van die See van Galilea gegaan, na die stad waar Hy gewoon het.

2. Die mense het ’n verlamde man wat op ’n slaapmat lê, na Jesus toe gebring. Jesus het gesien hulle glo Hy kan die verlamde man gesond maak. Toe sê Hy vir die verlamde man: “My vriend, moenie moedeloos wees nie, Ek vergewe jou sondes.”

3. Party van die skrifgeleerdes het gehoor wat Jesus gesê het, en hulle sê toe vir mekaar: “Hierdie man maak of hy self God is.”

4. Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê toe vir hulle: “Hoekom dink julle hierdie slegte dinge?

5. Is dit die maklikste om vir hierdie verlamde man te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of is dit die maklikste om te sê: ‘Staan op en loop’?

6. Maar Ek wil vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.”Jesus sê toe vir die verlamde man: “Staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”

7. Die man het opgestaan en hy het huis toe gegaan.

8. Daar was baie mense, en almal het dit gesien. Hulle het bang geword en hulle het God geprys omdat Hy vir mense die krag gee om dit te kan doen.

Lees volledige hoofstuk Matteus 9