Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:4-11 Bybel vir Almal (ABA)

4. Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf:“’n Mens lewe nie netvan brood nie.As jy waarlik wil lewe,dan moet jy luisterna elke woord wat God sê.”

5. Daarna het die duiwel vir Jesus saamgeneem na die gewyde stad en hy het Jesus op die hoogste plek by die tempel laat staan.

6. Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf:“God sal vir sy engele sêhulle moet jou beskerm,en hulle sal jou op hulle hande drasodat jy nie jou voet sal stampteen ’n klip nie.”

7. Jesus sê toe vir die duiwel: “Daar is ook in die Ou Testament geskryf: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”

8. Die duiwel het daarna vir Jesus na ’n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande.

9. Die duiwel sê toe vir Jesus: “Ek sal dit alles vir Jou gee as Jy voor my kniel en my aanbid.”

10. Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, Satan, want in die Ou Testament is geskryf:“Jy moet jou God die Here aanbiden net vir Hom dien.”

11. Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4