Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:1-16 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Heilige Gees het daarna vir Jesus na die woestyn geneem sodat die duiwel kon probeer om Jesus verkeerd te laat doen.

2. Jesus het 40 dae en 40 nagte lank niks geëet nie. Hy het toe honger geword.

3. Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.”

4. Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf:“’n Mens lewe nie netvan brood nie.As jy waarlik wil lewe,dan moet jy luisterna elke woord wat God sê.”

5. Daarna het die duiwel vir Jesus saamgeneem na die gewyde stad en hy het Jesus op die hoogste plek by die tempel laat staan.

6. Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf:“God sal vir sy engele sêhulle moet jou beskerm,en hulle sal jou op hulle hande drasodat jy nie jou voet sal stampteen ’n klip nie.”

7. Jesus sê toe vir die duiwel: “Daar is ook in die Ou Testament geskryf: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”

8. Die duiwel het daarna vir Jesus na ’n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande.

9. Die duiwel sê toe vir Jesus: “Ek sal dit alles vir Jou gee as Jy voor my kniel en my aanbid.”

10. Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, Satan, want in die Ou Testament is geskryf:“Jy moet jou God die Here aanbiden net vir Hom dien.”

11. Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.

12. Koning Herodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan.

13. Jesus het weggegaan van die stad Nasaret waar Hy eers gewoon het. Hy het gaan woon in die stad Kapernaum, by die See van Galilea. Kapernaum was in die deel van die land waar die stamme Sebulon en Naftali voorheen gewoon het.

14. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het:

15. “Land van Sebulon en Naftali,langs die pad na die Seevan Galilea,naby die Jordaan-rivier,Galilea, land van mensewat nie Jode is nie.

16. Julle is die volk wat indie donker lewe,maar julle het ’n groot lig gesien.Julle wat woon in die skaduweevan die dood,julle het gesien dit word lig.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 4