Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 25:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. In die middel van die nag het die mense geskree: ‘Hier kom die bruidegom! Julle moet uitgaan om hom te gaan ontmoet.’

7. Toe staan al daardie meisies op en hulle maak hulle lampe gereed.

8. Die dwase meisies sê toe vir die verstandige meisies: ‘Gee vir ons van julle olyf-olie, want ons lampe gaan dood.’

9. Die verstandige meisies het vir die dwase meisies gesê: ‘As ons vir julle van ons olyf-olie gee, dan sal daar nie genoeg olyf-olie wees vir ons en ook vir julle nie. Julle moet winkel toe gaan en julle moet julle eie olyf-olie gaan koop.’

10. “Terwyl die dwase meisies olyf-olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die vyf verstandige meisies wat gereed was, het saam met hom ingegaan in die huis waar die fees-ete was, en mense het die deur toegesluit.

11. Later het die ander meisies gekom en gesê: ‘Meneer, Meneer, maak die deur oop vir ons.’

12. Maar die bruidegom het gesê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek ken julle nie.’ ”

13. Jesus het toe gesê: “Julle moet ook wakker wees, want julle weet nie op watter dag en hoe laat in die dag die Seun van die mens sal kom nie.”

14. Jesus het ook gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer ’n man ’n tyd lank weggegaan het van sy huis. Hy het sy slawe geroep en gesê hulle moet al sy goed oppas.

15. Hy het vir die een slaaf vyf talente gegee, vir ’n ander slaaf het hy twee talente gegee, en vir die derde slaaf een talent. Hy het besluit met hoeveel geld elke slaaf kon werk. Toe het hy weggegaan.

16. Die slaaf wat vyf talente gekry het, het dadelik gegaan en hy het daarmee baie dinge gaan koop en verkoop en hy het nog vyf ander talente bygekry.

Lees volledige hoofstuk Matteus 25