Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 25:39-46 Bybel vir Almal (ABA)

39. Wanneer het ons gesien U is siek of in die tronk, en het ons U besoek?’

40. Die Koning sal dan vir hulle sê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Toe julle dit gedoen het vir een van my vriende, ook vir die een wat die minste belangrik is, toe het julle dit vir My gedoen.’

41. Dan sal die Koning vir die mense links langs Hom sê: ‘Gaan weg van My! God het julle vervloek. Julle moet na die vuur gaan wat altyd brand, die vuur wat Hy gereedgemaak het vir die duiwel en sy engele.

42. Want toe Ek honger was, het julle vir My niks gegee om te eet nie, en toe Ek dors was, het julle vir My niks gegee om te drink nie.

43. Toe Ek ’n vreemdeling was, het julle nie gesê Ek is welkom by julle nie, en toe Ek nie klere gehad het nie, het julle nie vir My klere gegee om aan te trek nie. Ek was siek en in die tronk en julle het nie vir My gesorg nie.’

44. Dan sal ook húlle vir die Koning sê: ‘Here, wanneer het ons gesien U is honger of dors, of U is ’n vreemdeling of U het nie klere nie, of U is siek of in die tronk? Wanneer het ons U nie gedien nie?’

45. Dan sal die Koning vir hulle sê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Toe julle dit nie gedoen het vir een van hierdie mense wat die minste belangrik is nie, toe het julle dit ook nie vir My gedoen nie.’

46. God sal hierdie mense vir altyd straf, maar die mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here, sal die ewige lewe kry.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 25