Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 25:19-27 Bybel vir Almal (ABA)

19. “Ná ’n lang tyd het die eienaar van die slawe teruggekom en gevra wat hulle met die geld gedoen het.

20. Die slaaf wat vyf talente gekry het, bring toe nog vyf talente en hy sê: ‘Meneer, jy het vir my vyf talente gegee, en hier is nou nog vyf talente wat ek bygekry het.’

21. Sy eienaar sê toe: ‘Dit is goed. Jy is ’n goeie slaaf, jy het gedoen wat ek wou hê. Jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het, ek sal nou vir jou baie meer geld gee sodat jy daarmee kan werk. Kom in, jy moet bly wees saam met my, jou eienaar.’

22. Die slaaf wat twee talente gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, jy het vir my twee talente gegee. Hier is nou nog twee talente wat ek bygekry het.’

23. Sy eienaar sê toe: ‘Dit is goed. Jy is ’n goeie slaaf, jy het gedoen wat ek wou hê. Jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het, ek sal nou vir jou baie meer geld gee sodat jy daarmee kan werk. Kom in, jy moet bly wees saam met my, jou eienaar.’

24. Die slaaf wat een talent gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, ek weet jy is ’n kwaai man. Jy wil koring afsny wat jy nie gesaai het nie en jy wil koring bymekaarmaak waar jy nie geplant het nie.

25. Ek was bang, daarom het ek jou geld in die grond gaan begrawe en dit weggesteek. Ek gee nou vir jou die een talent terug.’

26. Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is ’n slegte en lui slaaf. Jy het geweet ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie en ek maak bymekaar waar ek nie geplant het nie.

27. Daarom moes jy my geld in die bank gesit het. Dan kon ek my geld en die rente gekry het toe ek teruggekom het.’

Lees volledige hoofstuk Matteus 25