Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 25:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer tien meisies hulle lampe neem en uitgaan om die bruidegom te ontmoet.

2. Vyf van die meisies was dwaas, en vyf was verstandig.

3. Die vyf dwase meisies het hulle lampe geneem, maar hulle het nie olyf-olie saamgeneem nie.

4. Die verstandige meisies het hulle lampe geneem en hulle het ook olyf-olie in kruike saamgeneem.

5. Die bruidegom het laat gekom, en die meisies het almal vaak geword en hulle het aan die slaap geraak.

6. In die middel van die nag het die mense geskree: ‘Hier kom die bruidegom! Julle moet uitgaan om hom te gaan ontmoet.’

7. Toe staan al daardie meisies op en hulle maak hulle lampe gereed.

8. Die dwase meisies sê toe vir die verstandige meisies: ‘Gee vir ons van julle olyf-olie, want ons lampe gaan dood.’

9. Die verstandige meisies het vir die dwase meisies gesê: ‘As ons vir julle van ons olyf-olie gee, dan sal daar nie genoeg olyf-olie wees vir ons en ook vir julle nie. Julle moet winkel toe gaan en julle moet julle eie olyf-olie gaan koop.’

10. “Terwyl die dwase meisies olyf-olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die vyf verstandige meisies wat gereed was, het saam met hom ingegaan in die huis waar die fees-ete was, en mense het die deur toegesluit.

11. Later het die ander meisies gekom en gesê: ‘Meneer, Meneer, maak die deur oop vir ons.’

12. Maar die bruidegom het gesê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek ken julle nie.’ ”

13. Jesus het toe gesê: “Julle moet ook wakker wees, want julle weet nie op watter dag en hoe laat in die dag die Seun van die mens sal kom nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 25