Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 23:31-39 Bybel vir Almal (ABA)

31. So sê julle self dat julle die nageslag is van die mense wat die profete vermoor het.

32. Julle moet klaarmaak wat julle voorouers begin het!

33. Julle is soos slange, soos ’n klomp adders! Wie het vir julle gesê julle kan vlug sodat God julle nie sal straf in die hel nie?

34. Daarom, Ek sal nou profete en wyse mense en skrifgeleerdes na julle toe stuur. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig. Julle sal party van hulle met swepe slaan in julle sinagoges, en julle sal hulle jaag en in elke stad laat swaarkry.

35. Ek stuur hulle sodat God vir julle kan straf omdat julle baie onskuldige mense op die aarde vermoor het. Julle het begin by die onskuldige Abel, julle het hom vermoor en julle het aangehou om onskuldige mense te vermoor totdat julle ook vir Sagaria seun van Berekja vermoor het. Julle het hom vermoor tussen die tempel en die altaar.

36. Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal julle straf oor alles, julle wat nou lewe.”

37. Jesus het ook gesê: “Mense van Jerusalem, julle maak die profete dood, julle gooi die boodskappers wat God na julle toe gestuur het, dood met klippe. Mense van Jerusalem, Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie.

38. Julle moet nou goed luister: Daar sal niemand in Jerusalem oorbly wat lewe nie.

39. Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ”

Lees volledige hoofstuk Matteus 23