Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 23:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het toe vir die mense en vir sy dissipels gesê:

2. “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs is die mense wat die Wette van Moses kan verduidelik.

3. Daarom moet julle alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet gehoorsaam wees. Maar julle moenie doen wat hulle doen nie, want hulle sê wat julle moet doen, maar hulle doen dit nie self nie.

4. Hulle wil hê mense moet dinge doen wat die wette sê, maar hulle laat die mense swaarkry, soos wanneer die mense goed op hulle skouers moet dra wat te swaar is vir hulle. Maar die skrifgeleerdes en die Fariseërs wil self niks doen om die mense te help nie.

5. Hulle doen alles sodat die mense hulle moet sien. Hulle maak die gebedsdosies baie groot, en die tossels aan hulle klere baie lank.

Lees volledige hoofstuk Matteus 23