Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:11-18 Bybel vir Almal (ABA)

11. Toe die koning in die saal ingaan om die mense te groet, sien hy daar is iemand wat nie fees-klere aan het nie.

12. Die koning het vir hom gesê: ‘My vriend, hoe het jy hier ingekom? Jy dra nie die regte klere vir ’n fees nie.’ Maar die man kon nie sê hoekom hy nie die regte klere aangetrek het nie.

13. Toe sê die koning vir sy slawe: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die donker plek. Daar sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn.’

14. Want God nooi baie mense, maar Hy kies net ’n paar mense.”

15. Die Fariseërs het toe gaan planne maak. Hulle wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, hulle wou hê Hy moet probleme kry.

16. Hulle stuur toe hulle leerlinge saam met Herodiane na Jesus toe om vir Hom te sê: “Meneer, ons weet jy praat altyd die waarheid. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en alles wat jy vir hulle leer, is waar. Jy is nie bang vir wat die mense van jou sê nie. Jy kyk nie wie mense is nie, jy doen dieselfde aan almal.

17. Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

18. Maar Jesus het geweet hulle is slegte mense en Hy het vir hulle gesê: “Julle skynheilige mense, hoekom wil julle hê Ek moet iets sê wat vir My probleme kan gee?

Lees volledige hoofstuk Matteus 22