Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 21:33-42 Bybel vir Almal (ABA)

33. Jesus het gesê: “Luister na nog ’n gelykenis. Daar was ’n man wat ’n klomp wingerdstokke op sy grond geplant het. Hy het ’n muur rondom die wingerd gebou en ’n parskuip gereedgemaak. Hy het ook ’n hoë toring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan.

34. Toe dit tyd word om die druiwe te pluk, het hy slawe na die mense toe gestuur om die druiwe te gaan haal wat hy moes kry.

35. Die mense het sy slawe gegryp. Hulle het die een slaaf geslaan, hulle het een slaaf doodgeslaan en een slaaf doodgegooi met klippe.

36. Daarna het die eienaar ander slawe gestuur, meer as die eerste klomp slawe. En die mense het dieselfde met hulle gedoen soos met die eerste groep.

37. “Laaste het die eienaar sy seun na hulle toe gestuur, want hy het gedink hulle sal sy seun respekteer.

38. Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’

39. Hulle het die seun toe gegryp, hom uit die wingerd uitgegooi en hom doodgemaak.

40. Wat dink julle? Wat sal die eienaar van die wingerd met daardie mense doen wanneer hy kom?”

41. Die priesterleiers en die familieleiers sê toe vir Jesus: “Hy sal daardie slegte mense swaar straf. Hy sal hulle doodmaak en hy sal die wingerd vir ander mense gee wat op die regte tyd vir hom die vrugte sal gee wat hy moet kry.”

42. Toe sê Jesus vir hulle: “Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees:“Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie klip het die belangriksteklip in die hele gebou geword.Dit is die Here se werk,en dit is vir ons wonderlik?

Lees volledige hoofstuk Matteus 21