Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 16:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Fariseërs en Sadduseërs het na Jesus toe gekom om Hom te toets en te kyk wat Hy doen. Daarom het hulle Hom gevra om vir hulle ’n wonderteken te wys wat van God kom.

2. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Wanneer die lug rooi is in die aand, dan sê julle dit sal mooiweer wees.

3. Maar wanneer die lug vroeg in die oggend rooi en bewolk is, dan sê julle daar kom ’n storm. Julle kan na die lug kyk en die weer voorspel, maar julle verstaan nie die tekens wat wys wat nou gebeur nie.

4. Die slegte en sondige mense wat nou lewe, wil ’n wonderteken hê en ’n bewys sien. God sal nie ’n wonderteken vir hulle wys nie. Hulle sal net een wonderteken sien, en dit is die teken van Jona.”En Jesus het hulle daar gelos en weggegaan.

5. Die dissipels van Jesus het na die ander kant van die see gegaan en hulle het vergeet om brood saam te neem.

6. Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas, julle moet versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van die Sadduseërs.”

7. Die dissipels het daaroor met mekaar gepraat. Hulle het gedink Jesus sê dit omdat hulle nie brood saamgeneem het nie.

8. Jesus het geweet wat hulle dink en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom praat julle so met mekaar oor die brood wat julle nie het nie? Hoekom is julle geloof so min?

Lees volledige hoofstuk Matteus 16