Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 12:43-50 Bybel vir Almal (ABA)

43. “Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens uitgaan, dan gaan hy deur plekke waar daar nie water is nie en hy soek ’n plek waar hy kan woon. As hy nie ’n plek kry waar hy kan woon nie,

44. dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my eerste huis, na die mens toe in wie ek gewoon het.’ Dan kom die onrein gees terug na daardie mens toe, en hy sien daardie mens is soos ’n huis wat leeg en skoon en netjies is.

45. Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle kom almal saam met hom, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was. Dit sal gebeur met die slegte mense wat nou lewe.”

46. Jesus was besig om met mense te praat wat bymekaar was in ’n huis. Sy ma, Maria, en sy broers het buite die huis gestaan. Hulle wou met Jesus praat.

47. Een van die mense sê toe vir Jesus: “Kyk, jou ma en jou broers is daar buite, hulle wil met jou praat.”

48. Maar Jesus het vir hom gevra: “Wie is my ma en wie is my broers?”

49. Jesus wys toe met sy hand na sy dissipels en Hy sê:

50. “Hierdie mense is my ma en my broers. Elkeen wat doen wat my Vader in die hemel wil hê, daardie persoon is my broer of my suster of my ma.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 12