Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 12:4-20 Bybel vir Almal (ABA)

4. Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Hy mag nie van daardie brood geëet het nie en die manne wat saam met hom was, mag ook nie daarvan geëet het nie. Net die priesters mag daardie brood eet.

5. Julle weet ook dat die Wette van Moses sê dat die priesters op die Sabbatdag in die tempel moet werk. Breek hulle dan die wette oor die Sabbatdag? Ja, maar God sê die priesters doen nie verkeerd as hulle op die Sabbatdag werk nie.

6. En Ek sê vir julle: Hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as die tempel.

7. Julle moet verstaan wat die woorde beteken: ‘Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie, maar Ek wil hê julle moet goed wees vir mense.’ As julle dit verstaan, dan sal julle nie mense beskuldig wat niks verkeerd gedoen het nie,

8. want Ek, die Seun van die mens, is die Here wat besluit wat op die Sabbatdag mag gebeur.”

9. Jesus het verder gegaan en Hy het in ’n sinagoge van die Jode ingegaan.

10. In die sinagoge was daar ’n man met ’n gebreklike hand. Party van die Jode wou Jesus beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het. Toe vra hulle vir Hom: “Mag ’n mens iemand gesond maak op die Sabbatdag?”

11. Jesus het vir hulle gesê: “As een van julle een skaap het, en die skaap val op die Sabbatdag in ’n watersloot, wat sal julle doen? Julle sal dadelik die skaap gryp en uit die sloot uithaal.

12. En ’n mens is vir God baie belangriker as ’n skaap. Daarom mag ’n mens op die Sabbatdag goeie dinge aan mense doen.”

13. Jesus sê toe vir die man: “Steek jou hand uit.”Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond, dit was soos die ander hand.

14. Die Fariseërs het uitgegaan en hulle het planne gemaak om Jesus dood te maak.

15. Jesus het geweet wat die Fariseërs wil doen, en Hy het weggegaan van daardie stad. Daar was baie mense wat saam met Jesus gegaan het. Hy het al die siek mense gesond gemaak.

16. Maar Jesus het vir die mense gesê hulle mag nie vir ander mense vertel van Hom nie.

17. Jesus het dit gesê sodat die woorde waar kan word wat die profeet Jesaja geskryf het:

18. “God sê: Hier is my Dienaar.Ek het Hom gekiesom vir My te werk.Ek is lief vir Hom.Hy maak My bly.Ek sal my Heilige Geesvir Hom geeen Hy sal vir al die volke vertelwat Ek wil hê.

19. Hy sal nie met mense stry nieen Hy sal nie skree nie.Die mense in die stratesal Hom nie hoor praat nie.

20. Die Dienaar sal nie’n stukkende riet afbreek nie.Hy sal nie ’n lamp wat dof brand,doodblaas nie.Ja, Hy sal jammer weesvir die mense wat swaarkryen wat swak is.Hy sal dit doentotdat Ek gedoen hetwat Ek wil doen.

Lees volledige hoofstuk Matteus 12