Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 1:8-19 Bybel vir Almal (ABA)

8. Asa was die pa van Josafat, Josafat die pa van Joram, en Joram die pa van Ussia.

9. Ussia was die pa van Jotam, Jotam die pa van Agas, en Agas die pa van Hiskia.

10. Hiskia was die pa van Manasse, Manasse die pa van Amon, en Amon die pa van Josia.

11. Josia was die pa van Jojagin en sy broers. Dit was in die tyd toe die mense van Juda slawe was in Babilonië.

12. Ná die tyd toe die mense van Juda slawe was in Babilonië, het Jojagin die pa van Sealtiël geword. Sealtiël was die pa van Serubbabel,

13. Serubbabel die pa van Abihud, Abihud die pa van Eljakim, en Eljakim die pa van Asor.

14. Asor was die pa van Sadok, Sadok die pa van Agim, en Agim die pa van Elihud.

15. Elihud was die pa van Eleasar, Eleasar die pa van Mattan, en Mattan die pa van Jakob.

16. Jakob was die pa van Josef, en Josef was Maria se man. Maria was die ma van Jesus. Die mense het Hom ook die Christus genoem.

17. Van Abraham tot by Dawid was daar 14 geslagte. Van Dawid tot by die tyd toe die mense van Juda slawe was in Babilonië, was daar ook 14 geslagte. Van die tyd toe hulle slawe was in Babilonië tot by die Christus was daar ook 14 geslagte.

18. Dit is wat gebeur het voordat Jesus Christus gebore is: Sy ma, Maria, was verloof aan Josef. Hulle was nog nie getroud nie en hulle het nog nie saam geslaap nie, maar Maria het swanger geword. Dit is die Heilige Gees wat dit laat gebeur het.

19. Josef, Maria se verloofde, was ’n goeie man. Hy was gehoorsaam aan die Wette van Moses en hy wou nie haar naam sleg maak by die mense nie. Daarom het hy besluit om sy verlowing met Maria te breek, maar hy wou dit vir niemand sê nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 1