Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 2:20-28 Bybel vir Almal (ABA)

20. Maar daar sal ’n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie, en dan sal hulle vas.

21. Niemand maak ou klere reg met ’n stuk lap wat nog nie gekrimp het nie. Wanneer iemand dit doen, dan sal die nuwe lap krimp en die ou materiaal sal ook skeur, en dan sal die skeur groter word.

22. Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan sal die wyn die sakke laat oopbars. Dan verloor hy die wyn én die velsakke. Nee, ’n mens moet nuwe wyn in nuwe sakke gooi.”

23. Jesus en sy dissipels het op ’n Sabbatdag deur ’n koringland geloop. Terwyl hulle loop, het sy dissipels begin om koring-are te pluk.

24. Die Fariseërs sê toe vir Jesus: “Kyk daar, hoekom doen jou dissipels iets wat ’n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie?”

25. Jesus het hulle geantwoord: “Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy probleme gehad het en toe hy en sy manne honger was?

26. Dit was in die tyd toe Abjatar die hoëpriester was. Dawid het in die tempel ingegaan en hy het die brood geëet wat op die tafel was. Niemand mag daardie brood eet nie, net die priesters mag dit eet. Dawid het ook van die brood gegee vir die mense wat saam met hom was.”

27. Jesus het vir die Fariseërs gesê: “God het die Sabbatdag vir die mens gemaak. Hy het nie die mens vir die Sabbatdag gemaak nie.

28. Daarom, Ek, die Seun van die mens, is die Here wat besluit wat op die Sabbatdag mag gebeur.”

Lees volledige hoofstuk Markus 2