Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 9:45-52 Bybel vir Almal (ABA)

45. Maar die dissipels het nie verstaan wat Jesus gesê het nie. God het nog nie vir hulle gewys wat hierdie woorde beteken nie, en hulle kon dit nie verstaan nie. Hulle was te bang om vir Jesus te vra wat hierdie woorde beteken.

46. Die dissipels het met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.

47. Maar Jesus het geweet wat hulle dink. Hy neem toe ’n kindjie en Hy laat die kindjie by Hom staan.

48. Jesus het vir die dissipels gesê: “Wanneer iemand vir hierdie kindjie wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê hy Ek is ook welkom by hom. En wanneer Ek by iemand welkom is, dan is my Vader wat My gestuur het, ook welkom by hom. Die een wat die minste belangrik is van julle almal, hy is die belangrikste by God.”

49. Johannes het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het iemand gesien wat u Naam gebruik om duiwels uit mense te jaag. Ons het hom probeer keer omdat hy nie saam met ons by U is nie.”

50. Maar Jesus het vir Johannes gesê: “Julle moet hom nie keer nie, want as hy nie teen julle is nie, dan help hy vir julle.”

51. Dit was amper Jesus se tyd om na die hemel te gaan. Hy het besluit om na Jerusalem te gaan.

52. Hy het boodskappers gestuur en hulle het by ’n Samaritaanse dorpie gekom en vir die mense gevra hulle moet vir Jesus slaapplek en kos gereedmaak.

Lees volledige hoofstuk Lukas 9