Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 8:49-56 Bybel vir Almal (ABA)

49. Een van Jaïrus se mense het daar aangekom terwyl Jesus besig was om te praat. Die man het vir Jaïrus gesê: “Jou dogtertjie is dood. Jy moenie die Meneer nog pla nie.”

50. Maar Jesus het dit gehoor en Hy het vir Jaïrus gesê: “Jy moenie bang wees nie. Jy moet net glo, dan sal God jou dogter red.”

51. Toe Jesus by Jaïrus se huis kom, wou Hy nie hê die ander mense moet saam met Hom in die huis ingaan nie. Hy het net vir Petrus en Johannes en Jakobus en die ouers van die kind saamgeneem.

52. Die mense het almal gehuil en getreur oor die dogtertjie. Maar Jesus het gesê: “Julle moenie huil nie, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap.”

53. Die mense het vir Jesus gelag, want hulle het geweet die dogtertjie is dood.

54. Toe neem Jesus haar hand en Hy sê: “Kind, staan op.”

55. Die dogtertjie het weer begin lewe en sy het dadelik opgestaan. Jesus het toe gesê hulle moet vir haar iets gee om te eet.

56. Haar ouers was baie bly, maar Jesus het vir hulle gesê hulle mag glad nie vir iemand vertel wat gebeur het nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 8