Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 5:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Eendag het Jesus by die see van Gennesaret gestaan en Hy het die boodskap van God vir die mense verduidelik. Baie mense het na Hom geluister en hulle het rondom Jesus gestaan en teen Hom gedruk.

2. Jesus het twee bote gesien wat langs die see lê. Die vissermanne was nie in die bote nie. Hulle was besig om die visnette te was.

3. Jesus het in een van die bote geklim. Dit was Simon se boot. Jesus het vir Simon gevra om ’n bietjie verder van die strand weg te roei. Jesus het gaan sit en Hy het uit die boot vir die mense geleer.

4. Toe Hy klaar gepraat het, het Hy vir Simon gesê: “Roei ’n bietjie verder tot waar die see diep is en gooi julle nette in die water om vis te vang.”

5. Simon het vir Jesus gesê: “Meneer, ons het die hele nag hard gewerk, maar ons het niks gevang nie. Maar as U sê ek moet dit doen, dan sal ek die nette ingooi.”

6. Toe Simon die nette in die see gooi, het hulle so baie visse gevang dat die nette amper stukkend geskeur het.

7. Hulle het hulle vriende in die ander boot geroep om te kom help. Hulle vriende het gekom en hulle het altwee bote vol visse gemaak. Dit was so vol, die bote het amper gesink.

8. Toe Simon Petrus dit sien, het hy voor Jesus op die grond geval en gesê: “Here, gaan weg van my, want ek is ’n man wat baie sonde doen.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 5