Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 22:10-18 Bybel vir Almal (ABA)

10. Jesus het vir hulle gesê: “Wanneer julle in die stad ingaan, dan sal ’n man na julle toe kom wat water in ’n kruik dra. Gaan saam met hom in die huis waar hy ingaan.

11. Dan sê julle vir die eienaar van daardie huis: Ons Meneer vra waar die kamer is waar Hy die Paas-ete saam met sy dissipels kan eet.

12. Die eienaar sal vir julle ’n groot kamer op die dak van sy huis wys. Alles wat ons moet hê vir die ete, is daar. Julle moet alles daar gereedmaak vir die Paas-ete.”

13. Die dissipels het gegaan, en dit was alles soos Jesus vir hulle gesê het. Hulle het alles gereedgemaak vir die Paas-ete.

14. Toe dit die regte tyd was, het Jesus by die tafel gaan sit en die apostels, die dissipels, het saam met Hom gaan sit.

15. Jesus het vir hulle gesê: “Ek wou baie graag hierdie Paas-ete saam met julle eet voordat Ek swaarkry.

16. Ek sê vir julle Ek sal dit nooit weer eet nie totdat almal sal weet dat God Koning is en almal sal weet wat hierdie Paas-ete beteken.”

17. Toe het Jesus ’n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Hy het vir die apostels gesê: “Neem die beker wyn en drink almal daaruit,

18. want Ek sê vir julle, Ek sal nie weer wyn drink nie totdat almal sal weet dat God Koning is.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 22