Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:41-48 Bybel vir Almal (ABA)

41. Toe Jesus nader gaan en Jerusalem sien, het Hy gehuil oor die stad.

42. Hy het gesê: “Mense van Jerusalem, hoekom wil julle vandag nie verstaan wat dit is wat vir julle vrede sal bring nie. Julle wil dit nie sien nie.

43. Ek huil oor julle, want daar sal ’n tyd kom wanneer julle vyande ’n grondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.

44. Julle vyande sal die stad verwoes en hulle sal julle almal doodmaak. Hulle sal alles afbreek, daar sal nie een muur bly staan nie. Hoekom? Omdat die tyd gekom het wanneer God julle wil red, maar julle verstaan dit nie.”

45. Jesus het toe na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop. Jesus het hulle uitgejaag.

46. Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê:“ ‘My tempel moet ’n plek weeswaar mense bid.’ Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

47. Jesus het elke dag vir die mense in die tempel geleer. Die priesterleiers, die skrifgeleerdes en die leiers van die volk het planne gemaak om Hom dood te maak,

48. maar hulle kon nie besluit hoe hulle dit sal doen nie, want al die mense het van Jesus gehou en hulle het graag na Hom geluister.

Lees volledige hoofstuk Lukas 19