Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:26-37 Bybel vir Almal (ABA)

26. Wanneer die Seun van die mens kom, dan sal dit wees soos in die tyd toe Noag gelewe het.

27. In daardie tyd het die mense aangehou om te eet en te drink en te trou en hulle kinders te laat trou tot die dag toe Noag in die ark ingegaan het. Toe het die watervloed gekom en alles verwoes.

28. In die tyd toe Lot gelewe het, was dit ook so. Die mense het geëet, gedrink, gekoop, verkoop, geplant en gebou.

29. Maar die dag toe Lot uit Sodom weggegaan het, het daar vuur en swael uit die hemel gereën en dit het alles verwoes.

30. So sal dit ook wees die dag wanneer God vir die mense sal wys wie is die Seun van die mens.

31. As iemand daardie dag op sy huis se dak sit, dan moet hy nie afkom om sy goed in die huis te red nie. So ook, as daar iemand in die koringland is, dan moet hy nie omdraai nie.

32. Julle moet onthou wat met Lot se vrou gebeur het.

33. Elkeen wat daardie dag sy eie lewe probeer red, sal dit verloor, maar elkeen wat daardie dag sy lewe verloor, sal dit red.

34. Ek sê vir julle, daardie nag sal twee mense op een bed slaap, en God sal die een mens kies en nie die ander een nie.

35. Daar sal twee vroue wees wat op dieselfde plek koring maal, en God sal een vrou kies maar nie die ander een nie.”

37. Die dissipels vra toe vir Jesus: “Here, waar sal dit alles gebeur?”Jesus het vir hulle gesê: “Mense sal dit weet, soos hulle weet ’n dooie liggaam is daar waar aasvoëls bymekaarkom.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 17