Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:2-12 Bybel vir Almal (ABA)

2. As hy iemand laat ophou glo, iemand wat nie sterk glo nie, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle ’n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom in die see gooi.

3. Julle moet mekaar goed oppas. As ’n ander gelowige sonde doen, dan moet jy met hom praat, en as hy sê hy is jammer, dan moet jy hom vergewe.

4. En as hy sewe maal op ’n dag sonde doen teen jou en sewe maal na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ dan moet jy hom vergewe.”

5. Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons asseblief om sterker te glo.”

6. Toe het die Here gesê: “As julle ’n bietjie geloof het, so klein soos ’n mosterd-saadjie, dan sal julle vir hierdie moerbeiboom kan sê: ‘Trek jouself uit die grond en plant jouself in die see.’ Dan sal die boom doen wat julle sê.

7. As een van julle ’n slaaf het wat ploeg of skape oppas, en hy kom in die aand van die veld af by die huis, wat sal jy vir hom sê? Sal jy vir hom sê: ‘Kom eet jy eerste’?

8. Nee, jy sal vir hom sê: ‘Maak vir my aand-ete en bedien my, soos ’n goeie slaaf dit moet doen, totdat ek klaar geëet en gedrink het. Daarna kan jy eet.’

9. Jy sê nie vir die slaaf dankie nie, want hy het gedoen wat hy móét doen.”

10. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle is ook soos slawe. Wanneer julle doen wat Ek vir julle gesê het om te doen, dan moet julle sê: ‘Ons het gedoen wat ons móét doen, ons dink nie dat die Here ons daarvoor moet beloon nie.’ ”

11. Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea.

12. Toe Hy by ’n dorpie wou ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was

Lees volledige hoofstuk Lukas 17