Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Daar sal altyd iemand wees wat probeer om gelowiges te laat ophou glo. Maar dit sal sleg gaan met die mens wat gelowiges wil laat ophou glo.

2. As hy iemand laat ophou glo, iemand wat nie sterk glo nie, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle ’n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom in die see gooi.

3. Julle moet mekaar goed oppas. As ’n ander gelowige sonde doen, dan moet jy met hom praat, en as hy sê hy is jammer, dan moet jy hom vergewe.

4. En as hy sewe maal op ’n dag sonde doen teen jou en sewe maal na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ dan moet jy hom vergewe.”

5. Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons asseblief om sterker te glo.”

6. Toe het die Here gesê: “As julle ’n bietjie geloof het, so klein soos ’n mosterd-saadjie, dan sal julle vir hierdie moerbeiboom kan sê: ‘Trek jouself uit die grond en plant jouself in die see.’ Dan sal die boom doen wat julle sê.

Lees volledige hoofstuk Lukas 17