Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 15:5-13 Bybel vir Almal (ABA)

5. En as die man die skaap kry, dan is hy baie bly en hy tel dit op sy skouers.

6. Wanneer hy by die huis kom, dan roep hy sy vriende en bure en sê vir hulle: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het my skaap gekry wat weg was.’

7. Ek sê vir julle, so sal almal in die hemel bly wees wanneer een sondaar verander en doen wat die Here wil hê. Hulle sal blyer wees oor hierdie één sondaar as oor 99 mense wat dink hulle lewe reg en dink dit is nie nodig om te verander nie.”

8. “En as daar ’n vrou is wat tien geldstukke het en sy verloor een, wat doen sy? Sy maak lig met ’n lamp, sy vee die huis uit en soek oral totdat sy dit kry.

9. As sy die geldstuk kry, roep sy haar vriendinne en bure bymekaar en sê: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het die geldstuk gekry wat ek verloor het.’

10. Ek sê vir julle, so sal die engele van God bly wees oor een sondaar wat verander en doen wat God wil hê.”

11. Jesus het ook gesê: “’n Man het twee seuns gehad.

12. Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet erf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry.

13. Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na ’n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors.

Lees volledige hoofstuk Lukas 15