Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 15:1-19 Bybel vir Almal (ABA)

1. Al die tollenaars en sondaars het na Jesus toe gekom om na Hom te luister.

2. Maar die Fariseërs en skrifgeleerdes het begin kla en hulle het gesê: “Hierdie man kuier by sondaars en hy eet saam met hulle.”

3. Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis:

4. “As daar ’n man by julle is wat 100 skape het, en een van die skape raak weg, wat doen die man? Hy los die 99 skape in die veld en hy gaan soek die skaap wat weggeraak het totdat hy dit kry.

5. En as die man die skaap kry, dan is hy baie bly en hy tel dit op sy skouers.

6. Wanneer hy by die huis kom, dan roep hy sy vriende en bure en sê vir hulle: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het my skaap gekry wat weg was.’

7. Ek sê vir julle, so sal almal in die hemel bly wees wanneer een sondaar verander en doen wat die Here wil hê. Hulle sal blyer wees oor hierdie één sondaar as oor 99 mense wat dink hulle lewe reg en dink dit is nie nodig om te verander nie.”

8. “En as daar ’n vrou is wat tien geldstukke het en sy verloor een, wat doen sy? Sy maak lig met ’n lamp, sy vee die huis uit en soek oral totdat sy dit kry.

9. As sy die geldstuk kry, roep sy haar vriendinne en bure bymekaar en sê: ‘Julle moet saam met my bly wees, want ek het die geldstuk gekry wat ek verloor het.’

10. Ek sê vir julle, so sal die engele van God bly wees oor een sondaar wat verander en doen wat God wil hê.”

11. Jesus het ook gesê: “’n Man het twee seuns gehad.

12. Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet erf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry.

13. Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na ’n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors.

14. Toe hy al sy geld uitgemors het, het daar ’n groot hongersnood in daardie land gekom. Die seun het begin swaarkry.

15. Toe gaan werk hy by een van die mense van daardie land. Die man het hom gestuur om sy varke in die veld te laat wei.

16. Die seun het gewens hy kan saam met die varke eet van die peule sodat hy nie meer honger is nie, maar niemand het dit vir hom gegee nie.

17. Hy het toe ernstig begin dink oor sy lewe en hy het vir homself gesê: ‘My pa het baie mense wat vir hom werk, en hulle het almal genoeg kos. Maar ek? Hier sit ek en ek gaan amper dood van die honger.

18. Ek sal opstaan en na my pa toe gaan en ek sal vir hom sê: Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou.

19. Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie. Kan ek een van die mense wees wat vir jou werk?’

Lees volledige hoofstuk Lukas 15