Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Jesus vir die mense gesê het dit is belangrik dat hulle moet lewe soos God wil hê, het party van hulle vir Hom vertel dat Pilatus ’n klomp mense in Galilea laat doodmaak het terwyl hulle offers gebring het vir God.

2. Jesus het vir hulle gevra: “Hoekom het hierdie mense van Galilea so wreed gesterf? Dink julle hulle het meer sonde gedoen as al die ander mense in Galilea?

3. Nee, Ek sê vir julle: Hulle het nie meer sonde gedoen as die ander mense nie. Maar as julle nie verander en lewe soos God wil hê nie, dan sal julle ook sterf.

4. En onthou julle daardie 18 mense wat almal gesterf het toe die toring van Siloam op hulle geval het? Dink julle hulle het meer verkeerd gedoen as al die ander mense wat in Jerusalem woon?

5. Nee, Ek sê vir julle: Hulle het nie meer verkeerd gedoen nie. Maar as julle nie verander en lewe soos God wil hê nie, dan sal julle ook sterf.”

6. Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis. Hy het gesê: “Iemand het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd gegroei het. Hy het gaan kyk of daar vye aan die boom is maar hy het niks vye gekry nie.

7. Die man sê toe vir die man wat in die wingerd werk: ‘Dit is nou die derde jaar dat ek kom kyk of daar vye aan die boom is, maar elke jaar kry ek niks. Jy moet nou hierdie vyeboom uitkap, want dit maak net die grond droog.’

Lees volledige hoofstuk Lukas 13