Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:61-70 Bybel vir Almal (ABA)

61. Die mense het vir haar gesê: “Daar is niemand in jou familie wat die naam Johannes het nie.”

62. Hulle het met gebare vir Sagaria gevra wat hy die seuntjie wil noem.

63. Sagaria het gesê hulle moet vir hom ’n skryfbordjie gee en hy het daarop geskryf: “Sy naam is Johannes.”Almal was verbaas.

64. Sagaria kon dadelik weer praat, en hy het God geprys.

65. Al die mense wat daar naby gewoon het, was verbaas en bang. Al die mense het gepraat oor alles wat gebeur het, ook die mense wat in die berge in die provinsie Judea gewoon het.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor gedink en gesê: “Ons wonder wat sal hierdie seuntjie eendag doen.”Almal kon sien die Here was by Johannes.

67. Die Heilige Gees het gekom in Sagaria, Johannes se pa. Sagaria het gepraat soos die profete en hy het gesê:

68. Ons prys die Here,die God van Israel,want Hy het na sy volk toe gekomen Hy het hulle vrygemaak.

69. Hy het vir ons’n sterk Redder gestuur,’n Man van die nageslagvan koning Dawid, sy dienaar.

70. Die Here het beloweHy sal dit doen.Sy gewyde profetehet dit lank gelede gesê.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1