hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1 Bybel vir Almal (ABA)

’n Brief aan Teofilus

1. Geagte Teofilus, baie mense het al geskryf oor alles wat gebeur het toe Jesus op die aarde gelewe het.

2. Hulle het alles uitgevind by die mense wat van die begin af by Jesus was en wat self alles gesien het. Hulle het ook die mense uitgevra wat die goeie boodskap oor Jesus gebring het.

3. Ek het ook alles uitgevind wat die mense weet oor Jesus se lewe op die aarde en ek het lank daaroor gedink. Nou het ek besluit om alles vir jou te skryf soos dit gebeur het, alles wat ek weet.

4. Daarom kan jy seker wees dat die dinge wat jy geleer het, waar en reg is.

’n Engel sê Johannes die Doper sal gebore word

5. Herodes was die koning van Judea. In daardie tyd was daar ’n priester, Sagaria. Hy was een van die priesters van Abia se groep. Hulle het by die tempel gewerk wanneer dit hulle beurt was. Sagaria was getroud met Elisabet. Sy was van die nageslag van Aäron.

6. Sagaria en Elisabet het gelewe soos God wou hê, en hulle was gehoorsaam aan al die wette van die Here.

7. Maar hulle het nie kinders gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Hulle altwee was ook al baie oud.

8. Dit was eendag die beurt van Abia se groep priesters om die werk in die tempel te doen.

9. Die priesters het altyd lootjies getrek om te sien wie moes ingaan om die wierook-offer te bring. Dit was toe Sagaria wat moes ingaan in die gewyde kamer van die tempel van die Here.

10. Toe Sagaria ingaan om die wierook-offer te bring, het al die mense buite gebly en gebid.

11. ’n Engel van die Here het gekom en hy het aan Sagaria verskyn. Die engel het regs van die wierook-altaar gestaan.

12. Sagaria het groot geskrik toe hy die engel sien en hy het baie bang geword.

13. Maar die engel het vir hom gesê: “Sagaria, jy moenie bang wees nie, God het geluister na jou gebed. Jou vrou Elisabet sal ’n seun kry, en jy moet hom Johannes noem.

14. Jy sal baie bly wees en baie ander mense sal bly wees wanneer hy gebore word,

15. want hy sal belangrik wees vir die Here. Hy mag nie wyn of bier drink nie. Die Heilige Gees sal in hom wees vandat sy ma swanger geword het.

16. Hy sal baie Israeliete laat terugkom na die Here hulle God.

17. Johannes sal ’n profeet van God wees. Hy sal dapper en sterk wees, soos Elia. Hy sal vrede maak tussen pa’s en hulle kinders. Hy sal ongehoorsame mense laat doen wat God wil hê. Dan sal hulle ’n volk wees wat reg is om God te dien.”

18. Sagaria het vir die engel gesê: “Hoe sal ek weet dat dit sal gebeur? Ek is ’n ou man en my vrou is ook baie oud.”

19. Die engel het vir hom gesê: “Ek is die engel Gabriël, ek werk vir God. God het my gestuur om met jou te praat en vir jou hierdie goeie boodskap te bring.

20. Die boodskap wat ek vir jou gebring het, is waar. Dit sal gebeur. Maar jy het my nie geglo nie, en daarom sal jy stom wees en jy sal nie kan praat nie, tot die dag wanneer hierdie dinge sal gebeur.”

21. Die mense het buite gewag vir Sagaria en hulle het gewonder hoekom hy so lank in die tempel bly.

22. Toe Sagaria uitkom, kon hy nie met die mense praat nie, en hulle het besef God het iets met hom laat gebeur in die tempel. Hy het vir hulle met sy hande gewys dat iets met hom gebeur het, en hy het stom gebly.

23. Toe die priesters van Abia se groep klaar gewerk het by die tempel, het Sagaria teruggegaan na sy huis.

24. Kort daarna het sy vrou Elisabet swanger geword, en sy het vyf maande lank nie uit die huis gegaan nie. Sy het gesê:

25. “Die Here het my gehelp, Hy het gesien ek is hartseer. Hy het geweet die mense spot my omdat ek nie kinders het nie. Nou het Hy dit verander, niemand sal my nou meer spot nie.”

Die engel Gabriël sê Jesus sal gebore word

26. Toe Elisabet ses maande swanger was, het God die engel Gabriël gestuur na die stad Nasaret in Galilea.

27. God het hom gestuur na ’n meisie wat verloof was aan Josef. Josef was ’n man van die nageslag van koning Dawid. Die meisie se naam was Maria, en sy was ’n maagd.

28. Die engel het na Maria toe gegaan en gesê: “Ek groet jou. God is goed vir jou. Ja, die Here is by jou.”

29. Maria het baie groot geskrik toe sy hoor wat die engel vir haar sê en sy het gewonder wat dit beteken.

30. Die engel het vir haar gesê: “Maria, jy moenie bang wees nie, want God is goed vir jou.

31. Jy sal swanger word en jy sal ’n seun kry. Jy moet Hom Jesus noem.

32. Hy sal baie belangrik wees, die Hoogste God sal Hom sy Seun noem. Die Here God sal Hom laat regeer soos sy voorvader Dawid.

33. Jesus sal altyd regeer oor die nageslag van Jakob. Hy sal nooit ophou om Koning te wees nie.”

34. Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan ek ’n kind kry? Ek het nog nooit by ’n man geslaap nie.”

35. Die engel het vir haar gesê: “Die Heilige Gees sal op jou kom en die krag van die Hoogste God sal soos ’n skaduwee oor jou wees. Daarom sal God sê die Kind wat gebore word, is heilig, Hy is die Seun van God.

36. Maria, daar is ’n vrou, Elisabet, in jou familie, sy is oud en sy kon nooit kinders kry nie, maar sy sal ook ’n seun kry. Sy is nou ses maande swanger.

37. God kan alles doen, daar is niks wat Hy nie kan doen nie.”

38. Maria het gesê: “Ek sal doen wat die Here wil hê. Die Here kan met my doen wat jy gesê het.”Toe het die engel weggegaan van haar.

Maria besoek Elisabet

39. Nie lank daarna nie het Maria haastig na ’n stad in Judea gegaan, na ’n plek op die berge.

40. Sy het in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet.

41. Toe Elisabet hoor dat Maria haar groet, het die baba wat binne-in haar was, geskop. Die Heilige Gees het in Elisabet gekom

42. en sy het opgewonde gesê: “Maria, die Here seën jou, meer as vir al die ander vroue. Hy seën ook die kind wat in jou is.

43. Dit is vir my wonderlik dat jy na my toe gekom het, jy, die ma van my Here.

44. Toe jy my groet en ek jou stem hoor, was die kind binne-in my baie bly, en hy het geskop.

45. Jy sal gelukkig wees, want jy het geglo dat die Here sal doen wat Hy vir jou belowe het.”

Maria prys die Here

46. Toe het Maria gesê:Ek prys die Heremet my hele hart.

47. My hart is bly oor Godwat my red.

48. Hy het my gesien en gehelp,vir my, sy nederige dienaar.Van nou af sal al die mense sêek is baie gelukkig,

49. want God wat alles kan doen,het wonderlike dingevir my gedoen.Sy Naam is heilig.

50. Hy sal altyd goed weesvir die mense wat Hom eer.

51. Hy het gewys Hy is sterk.Hy het die hoogmoedige menseweggejaag na al die kante toe.

52. Hy het konings laat ophou regeer,maar Hy het mensewat nie belangrik is nie,belangrik gemaak.

53. Hy het vir honger mensegenoeg kos gegee,maar vir die ryk mensehet Hy niks gegee nie.

54. Hy het sy volk Israel gehelp,Hy het onthou dat Hy belowe hetom goed te wees vir hulle,

55. vir ons voorvaders,vir Abraham en sy nageslag,vir altyd.

56. Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly, en toe het sy teruggegaan na haar huis.

Elisabet kry ’n seuntjie

57. Toe Elisabet se baba later gebore is, was dit ’n seuntjie.

58. Haar bure en familie het gehoor dat die Here goed was vir haar en hulle was baie bly saam met haar.

59. Op die agste dag het die mense gekom om die kindjie te besny. Hulle wou hom Sagaria noem. Dit was ook sy pa se naam.

60. Maar sy ma het gesê: “Nee, sy naam moet Johannes wees.”

61. Die mense het vir haar gesê: “Daar is niemand in jou familie wat die naam Johannes het nie.”

62. Hulle het met gebare vir Sagaria gevra wat hy die seuntjie wil noem.

63. Sagaria het gesê hulle moet vir hom ’n skryfbordjie gee en hy het daarop geskryf: “Sy naam is Johannes.”Almal was verbaas.

64. Sagaria kon dadelik weer praat, en hy het God geprys.

65. Al die mense wat daar naby gewoon het, was verbaas en bang. Al die mense het gepraat oor alles wat gebeur het, ook die mense wat in die berge in die provinsie Judea gewoon het.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor gedink en gesê: “Ons wonder wat sal hierdie seuntjie eendag doen.”Almal kon sien die Here was by Johannes.

Sagaria prys die Here

67. Die Heilige Gees het gekom in Sagaria, Johannes se pa. Sagaria het gepraat soos die profete en hy het gesê:

68. Ons prys die Here,die God van Israel,want Hy het na sy volk toe gekomen Hy het hulle vrygemaak.

69. Hy het vir ons’n sterk Redder gestuur,’n Man van die nageslagvan koning Dawid, sy dienaar.

70. Die Here het beloweHy sal dit doen.Sy gewyde profetehet dit lank gelede gesê.

71. Die Here red ons van ons vyandeen van die mense wat vir ons haat.

72. Hy het nou gedoen wat Hyvir ons voorvaders belowe hettoe Hy gesê het Hy salgoed wees vir hulle.Hy het onthou dat Hy’n gewyde verbondgemaak het met hulle.

73. Die Here het vir onsvoorvader Abraham belowe

74. dat Hy ons sal redvan ons vyande.Hy het gesê ons sal niebang wees nie,ons sal Hom aanbid,

75. ons sal net vir Hom dienen altyd lewe soos Hy wil hê.

76. En jy, kindjie, jy sal ’n profeetwees van die Hoogste God.Jy sal die pad gereedmaakvir die Here, en dan sal Hy kom.

77. Jy sal vir sy mense verteldat God hulle sonde vergeween dat Hy hulle so sal red.

78. God sal dit alles doenomdat Hy baie goed wil weesvir die mense wataan Hom behoort.Die Here sal na ons toe kom.Hy sal die son wees wat uitdie hemel kom en op ons skyn.

79. Sy lig sal skyn oor almalwat in die donker is,oor almal wat in die diepdonker is.Die Here sal ons lei,en daar sal vrede wees.

80. Johannes het groot geword, sy liggaam en sy gees het sterk geword. Hy het in die woestyn gewoon totdat hy begin preek het vir die mense van Israel.