Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:56-66 Bybel vir Almal (ABA)

56. Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly, en toe het sy teruggegaan na haar huis.

57. Toe Elisabet se baba later gebore is, was dit ’n seuntjie.

58. Haar bure en familie het gehoor dat die Here goed was vir haar en hulle was baie bly saam met haar.

59. Op die agste dag het die mense gekom om die kindjie te besny. Hulle wou hom Sagaria noem. Dit was ook sy pa se naam.

60. Maar sy ma het gesê: “Nee, sy naam moet Johannes wees.”

61. Die mense het vir haar gesê: “Daar is niemand in jou familie wat die naam Johannes het nie.”

62. Hulle het met gebare vir Sagaria gevra wat hy die seuntjie wil noem.

63. Sagaria het gesê hulle moet vir hom ’n skryfbordjie gee en hy het daarop geskryf: “Sy naam is Johannes.”Almal was verbaas.

64. Sagaria kon dadelik weer praat, en hy het God geprys.

65. Al die mense wat daar naby gewoon het, was verbaas en bang. Al die mense het gepraat oor alles wat gebeur het, ook die mense wat in die berge in die provinsie Judea gewoon het.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor gedink en gesê: “Ons wonder wat sal hierdie seuntjie eendag doen.”Almal kon sien die Here was by Johannes.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1