Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:44-58 Bybel vir Almal (ABA)

44. Toe jy my groet en ek jou stem hoor, was die kind binne-in my baie bly, en hy het geskop.

45. Jy sal gelukkig wees, want jy het geglo dat die Here sal doen wat Hy vir jou belowe het.”

46. Toe het Maria gesê:Ek prys die Heremet my hele hart.

47. My hart is bly oor Godwat my red.

48. Hy het my gesien en gehelp,vir my, sy nederige dienaar.Van nou af sal al die mense sêek is baie gelukkig,

49. want God wat alles kan doen,het wonderlike dingevir my gedoen.Sy Naam is heilig.

50. Hy sal altyd goed weesvir die mense wat Hom eer.

51. Hy het gewys Hy is sterk.Hy het die hoogmoedige menseweggejaag na al die kante toe.

52. Hy het konings laat ophou regeer,maar Hy het mensewat nie belangrik is nie,belangrik gemaak.

53. Hy het vir honger mensegenoeg kos gegee,maar vir die ryk mensehet Hy niks gegee nie.

54. Hy het sy volk Israel gehelp,Hy het onthou dat Hy belowe hetom goed te wees vir hulle,

55. vir ons voorvaders,vir Abraham en sy nageslag,vir altyd.

56. Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly, en toe het sy teruggegaan na haar huis.

57. Toe Elisabet se baba later gebore is, was dit ’n seuntjie.

58. Haar bure en familie het gehoor dat die Here goed was vir haar en hulle was baie bly saam met haar.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1