Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:37-47 Bybel vir Almal (ABA)

37. God kan alles doen, daar is niks wat Hy nie kan doen nie.”

38. Maria het gesê: “Ek sal doen wat die Here wil hê. Die Here kan met my doen wat jy gesê het.”Toe het die engel weggegaan van haar.

39. Nie lank daarna nie het Maria haastig na ’n stad in Judea gegaan, na ’n plek op die berge.

40. Sy het in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet.

41. Toe Elisabet hoor dat Maria haar groet, het die baba wat binne-in haar was, geskop. Die Heilige Gees het in Elisabet gekom

42. en sy het opgewonde gesê: “Maria, die Here seën jou, meer as vir al die ander vroue. Hy seën ook die kind wat in jou is.

43. Dit is vir my wonderlik dat jy na my toe gekom het, jy, die ma van my Here.

44. Toe jy my groet en ek jou stem hoor, was die kind binne-in my baie bly, en hy het geskop.

45. Jy sal gelukkig wees, want jy het geglo dat die Here sal doen wat Hy vir jou belowe het.”

46. Toe het Maria gesê:Ek prys die Heremet my hele hart.

47. My hart is bly oor Godwat my red.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1