Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:31-42 Bybel vir Almal (ABA)

31. Jy sal swanger word en jy sal ’n seun kry. Jy moet Hom Jesus noem.

32. Hy sal baie belangrik wees, die Hoogste God sal Hom sy Seun noem. Die Here God sal Hom laat regeer soos sy voorvader Dawid.

33. Jesus sal altyd regeer oor die nageslag van Jakob. Hy sal nooit ophou om Koning te wees nie.”

34. Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan ek ’n kind kry? Ek het nog nooit by ’n man geslaap nie.”

35. Die engel het vir haar gesê: “Die Heilige Gees sal op jou kom en die krag van die Hoogste God sal soos ’n skaduwee oor jou wees. Daarom sal God sê die Kind wat gebore word, is heilig, Hy is die Seun van God.

36. Maria, daar is ’n vrou, Elisabet, in jou familie, sy is oud en sy kon nooit kinders kry nie, maar sy sal ook ’n seun kry. Sy is nou ses maande swanger.

37. God kan alles doen, daar is niks wat Hy nie kan doen nie.”

38. Maria het gesê: “Ek sal doen wat die Here wil hê. Die Here kan met my doen wat jy gesê het.”Toe het die engel weggegaan van haar.

39. Nie lank daarna nie het Maria haastig na ’n stad in Judea gegaan, na ’n plek op die berge.

40. Sy het in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet.

41. Toe Elisabet hoor dat Maria haar groet, het die baba wat binne-in haar was, geskop. Die Heilige Gees het in Elisabet gekom

42. en sy het opgewonde gesê: “Maria, die Here seën jou, meer as vir al die ander vroue. Hy seën ook die kind wat in jou is.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1