Ou Testament

Nuwe Testament

Judas 1:23-25 Bybel vir Almal (ABA)

23. Julle moet ander mense red voordat God hulle oordeel, julle moet hulle red soos ’n mens iemand red uit ’n vuur. Julle moet goed wees vir ander mense, maar julle moet versigtig wees en julle moet die dinge haat wat die sondaars doen. Julle moet ook hulle klere haat, hulle klere is heeltemal vuil van die sonde wat hulle doen.

24. God is baie sterk. Hy gebruik sy krag om julle op te pas sodat julle nie sal val en sonde doen nie. Hy kan julle laat staan voor Hom, die Koning, en julle sal sonder sonde wees. Julle sal baie bly wees.

25. Ons behoort aan Jesus Christus, ons Here. Daarom moet ons vir God, ons Redder, prys. Net Hý is God, Hy is die Koning. Hy is baie sterk en Hy regeer van die tyd voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy regeer nou en vir altyd en altyd. Amen.

Lees volledige hoofstuk Judas 1