Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 8:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. maar Jesus het na die Olyf-berg gegaan.

2. Vroeg die volgende oggend het Hy weer na die tempel gegaan. Al die mense het na Jesus toe gekom. Hy het gaan sit en Hy het vir hulle geleer.

3. Iemand het gesien ’n vrou pleeg egbreuk. Hy het dit vir die skrifgeleerdes en die Fariseërs vertel. Hulle het die vrou na Jesus toe gebring en hulle het haar laat staan waar almal haar kon sien.

4. Hulle het vir Jesus gesê: “Meneer, iemand het gesien hierdie vrou pleeg egbreuk.

5. Die Wette van Moses sê ons moet vroue wat dit doen, doodgooi met klippe. Wat sê jy, wat moet ons doen?”

6. Hulle het dit vir Jesus gevra, want hulle wou hê Hy moes iets sê wat verkeerd is, dan kon hulle Hom daaroor beskuldig by die Joodse Raad. Maar Jesus het gebuk en Hy het met sy vinger op die grond geskryf.

7. Hulle het aangehou om vir Jesus te vra wat Hy dink hulle moet doen. Toe het Jesus opgestaan en Hy het vir hulle gesê: “As daar een van julle is wat nog nooit sonde gedoen het nie, dan moet hy haar eerste met ’n klip gooi!”

8. Jesus het weer gebuk en Hy het op die grond geskryf.

9. Toe die mense hoor wat Jesus sê, het hulle almal weggegaan. Die leiers het eerste weggegaan, en toe het die ander mense begin weggaan. Net Jesus het daar gebly en die vrou het nog voor Hom gestaan.

Lees volledige hoofstuk Johannes 8