Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Jode het vir Pilatus gesê: “Ons het wette en ons wette sê ons moet vir Jesus doodmaak, want hy het gesê hy is die Seun van God.”

8. Toe Pilatus hoor wat die Jode sê, het hy nóg banger geword.

9. Pilatus het weer ingegaan in sy huis. Hy het vir Jesus gesê: “Jy moet vir my sê van waar jy kom.”Maar Jesus het nie vir Pilatus geantwoord nie.

10. Toe sê Pilatus vir Jesus: “Hoekom praat jy nie met my nie? Weet jy nie dat ek kan besluit of jy vry sal wees en of die soldate jou sal kruisig nie?”

11. Jesus het vir Pilatus gesê: “Nee, jy kan dit nie self besluit nie. God het besluit jy mag sê wat met My moet gebeur. Daarom doen die mense wat My na jou toe gebring het, groter sonde as jy.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 19