Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:16-20 Bybel vir Almal (ABA)

16. Toe het Pilatus gesê die priesterleiers mag vir Jesus vat en Hom laat kruisig.Die soldate het vir Jesus weggevat om Hom te kruisig.

17. Jesus het self sy kruis gedra en Hy het uit die stad gegaan, na die Kopbeenplek. Die Hebreeuse naam van die plek is Golgota.

18. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het twee ander mans saam met Hom gekruisig, een links langs Jesus en een regs langs Hom.

19. Pilatus het op ’n plank bo-aan die kruis laat skryf: “Hier hang Jesus van Nasaret, die koning van die Jode.”

20. Baie Jode het gelees wat daar geskryf was, want die plek waar die soldate vir Jesus gekruisig het, was naby die stad. Die woorde op die plank was in Hebreeus, Latyn en Grieks.

Lees volledige hoofstuk Johannes 19