Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 15:19-27 Bybel vir Almal (ABA)

19. As julle mense is wat lief is vir die wêreld, dan sal die ander mense van die wêreld lief wees vir julle, want dan is julle soos hulle. Maar julle is nie mense van die wêreld nie. Ek het julle gekies uit die mense van die wêreld. Daarom haat die mense van die wêreld julle.

20. Julle moet onthou, Ek het vir julle gesê ’n slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. Die mense van die wêreld het slegte dinge gedoen aan My, en daarom sal hulle ook slegte dinge doen aan julle. Hulle het nie geluister na wat Ek sê nie, en daarom sal hulle ook nie luister na wat julle sê nie.

21. Hulle sal slegte dinge doen aan julle, want julle behoort aan My. Hulle ken ook nie vir God nie, God wat My na die wêreld gestuur het.

22. Ek het gekom en Ek het met hulle gepraat. Nou kan hulle nie sê hulle is nie sondaars nie. Hulle kan nie sê hulle weet nie dat hulle sonde doen nie.

23. As iemand My haat, dan haat hy ook my Vader.

24. Hulle het gesien dat Ek wonderwerke doen wat niemand anders kan doen nie. Nou kan hulle nie sê hulle is nie sondaars nie. Hulle het gesien wat Ek gedoen het, maar hulle haat My en my Vader.

25. Dit gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is:“Hulle het My gehaat,maar Ek het niks verkeerdgedoen nie.

26. “Ek sal vir julle ’n Helper stuur wat van die Vader kom. Die Helper is die Heilige Gees wat vir julle sal wys wat die waarheid is. Die Helper kom van die Vader. Hy sal vir julle vertel van My.

27. Julle moet ook vir die mense vertel van My, want julle was van die begin af saam met My.

Lees volledige hoofstuk Johannes 15