Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:30-38 Bybel vir Almal (ABA)

30. Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het hy dadelik uitgegaan. Buite was dit donker.

31. Nadat Judas uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou wys God dat Ek, die Seun van die mens, ook God is. God gebruik My om te wys Hy is God.

32. Ja, God gebruik My om te wys Hy is God. God self sal wys dat Ek ook God is. Hy sal nie lank wag nie, dan sal Hy dit doen.

33. My liewe vriende, Ek sal nog net ’n kort tydjie by julle wees. Julle sal My soek, maar Ek sê nou vir julle wat Ek vir die Jode gesê het: Ek gaan na ’n plek, julle kan nie daarnatoe gaan nie.

34. Ek gee nou vir julle ’n nuwe wet: Julle moet lief wees vir mekaar. Julle het gesien hoe lief Ek vir julle is. Daarom moet julle ook so lief wees vir mekaar.

35. As julle lief is vir mekaar, dan sal al die mense weet julle is my dissipels.”

36. Toe sê Simon Petrus vir Jesus: “Here, waarnatoe gaan U?”Jesus het vir hom gesê: “Jy kan nie nou saam met My kom nie. Jy sal later kom.”

37. Petrus vra toe vir Hom: “Here, hoekom kan ek nie nou saam met U gaan nie? Ek sal sterf om U te beskerm!”

38. Jesus het vir hom gesê: “Nee, Petrus, jy sê jy sal sterf om My te beskerm, maar Ek sê vir jou, en dit is seker: Voordat die haan môre-oggend kraai, sal jy drie maal sê jy ken nie vir My nie.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 13