Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:24-31 Bybel vir Almal (ABA)

24. Petrus het vir daardie dissipel gewys hy moet vir Jesus vra wie Hom sal verraai.

25. Die dissipel wat langs Jesus gesit het, vra toe vir Jesus: “Here, van wie praat U? Wie is die persoon wat U sal verraai?”

26. Jesus het gesê: “Ek sal ’n stukkie brood in die sous druk en Ek sal dit gee vir die een wat My sal verraai.”Jesus druk toe ’n stukkie brood in die sous en Hy gee dit vir Judas seun van Simon Iskariot.

27. Judas het die stukkie brood geneem, en toe het die Satan in Judas se hart gekom en vir Judas regeer. Daarom het Jesus vir Judas gesê: “Jy moet nou gou maak en gaan doen wat jy wil doen.”

28. Die ander dissipels wat daar gesit het, het nie verstaan hoekom Jesus vir Judas gesê het hy moet gou maak nie.

29. Judas het die sak gedra waarin Jesus en die dissipels se geld was. Daarom het party van die dissipels gedink Jesus sê vir Judas om alles te gaan koop wat hulle moet hê vir die Paasfees. Party dissipels het gedink Jesus sê vir Judas hy moet geld vir die arm mense gaan gee.

30. Nadat Judas die stukkie brood geneem het, het hy dadelik uitgegaan. Buite was dit donker.

31. Nadat Judas uitgegaan het, het Jesus gesê: “Nou wys God dat Ek, die Seun van die mens, ook God is. God gebruik My om te wys Hy is God.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13