Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jesus en die dissipels was besig om te eet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas die plan gegee om Jesus te verraai.

3. Jesus het geweet dat die Vader gesê het Jesus mag oor alles en almal regeer. Jesus het ook geweet Hy self kom van God en Hy gaan weer terug na God toe.

4. Daarom het Jesus opgestaan van die tafel. Hy het sy bo-kleed uitgetrek en Hy het ’n doek vasgemaak om sy lyf. Slawe het dit altyd gedoen wanneer hulle mense bedien het.

5. Toe gooi Jesus water in ’n bak. Hy het begin om die dissipels se voete te was. Hy het ook hulle voete afgedroog met die doek wat om sy lyf was.

6. Jesus wou Petrus se voete ook was, maar toe vra Petrus vir Hom: “Here, wil Ú mý voete was?”

7. Jesus het vir Petrus gesê: “Jy verstaan nie nou wat Ek doen nie, maar jy sal later verstaan.”

8. Petrus het vir Jesus gesê: “U mag nooit my voete was nie.”Jesus het vir hom gesê: “As Ek nie jou voete was nie, dan kan jy nie my dissipel wees nie.”

9. Simon Petrus sê toe vir Jesus: “Here, dan moet U my voete en my hande en my kop was.”

10. Jesus het vir hom gesê: “Wanneer ’n mens klaar gebad het, dan is jou liggaam klaar skoon. Dan is dit net jou voete wat jy moet was. Julle wat hier by My is, is skoon, maar nie almal nie.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 13