Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:20-28 Bybel vir Almal (ABA)

20. Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie.

21. Maar Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe,en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester wees.

22. God het dit vir Jesus belowe, daarom het Jesus die Een geword wat borg staan vir ’n beter verbond.

23. Die ou verbond en die nuwe verbond is nie dieselfde nie: Priesters het gesterf, en daar het altyd ander priesters in hulle plek gekom. Daarom was daar baie priesters in die ou verbond.

24. Maar Jesus lewe vir altyd, daarom hou Hy aan om ’n priester te wees.

25. Daarom kan Jesus ook die mense heeltemal red, die mense wat Hy na God toe gelei het. Jesus kan dit doen omdat Hy vir altyd lewe om vir God te vra om hulle te help.

26. Ons Hoëpriester moes só wees: Hy moes aan God gewy wees, Hy moes onskuldig en rein wees, Hy moes nie saam met sondaars gelewe het nie, Hy moes ’n plek kry bokant die hemel by God.

27. Die hoëpriesters wat Leviete was, moes elke dag eers vir hulle eie sondes offers bring en daarna moes hulle vir die volk offers bring. Maar ons Hoëpriester moet dit nie doen nie, want Hy het Homself ge-offer, Hy het dit een maal en vir altyd gedoen en Hy bring nie weer offers nie.

28. Want die Wette van Moses kies swak mense om hoëpriesters te wees. Maar God se belofte het ná die wet gekom, sy belofte kies die Seun van God om Hoëpriester te wees, en die Seun het die werk vir altyd klaar gedoen, die werk wat ’n Hoëpriester moet doen.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7