Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:14-26 Bybel vir Almal (ABA)

14. Want almal weet dat ons Here van die Juda-stam kom. Moses het niks gesê oor priesters in die Juda-stam nie.

15. En wanneer daar ’n ander priester kom wat soos Melgisedek is, dan is dit nog meer duidelik

16. dat hy nie ’n priester geword het soos die wette en reëls oor mense se afstammelinge sê nie. Nee, Hy het ’n priester geword omdat Hy nie kon sterf nie.

17. Want in die Ou Testament is geskryf: Jy self sal altyd ’n priester wees,soos Melgisedek ’n priester was.

18. Daar is nie meer priesters nie, want die wette wat voorheen daar was oor priesters, was swak en dit het nie vir die mense gehelp nie.

19. Ja, die wet het niks heeltemal reg gemaak soos dit moes wees nie. Maar nou gee God vir ons iets, en ons is baie seker daarvan. Daarom kan ons nou nader kom na God toe.

20. Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het. Die Levi-priesters het priesters geword, maar God het dit nie vir hulle belowe nie.

21. Maar Jesus het ’n priester geword omdat God dit vir Hom belowe het, en God was self die getuie. Hy het gesê: Die Here het belowe,en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester wees.

22. God het dit vir Jesus belowe, daarom het Jesus die Een geword wat borg staan vir ’n beter verbond.

23. Die ou verbond en die nuwe verbond is nie dieselfde nie: Priesters het gesterf, en daar het altyd ander priesters in hulle plek gekom. Daarom was daar baie priesters in die ou verbond.

24. Maar Jesus lewe vir altyd, daarom hou Hy aan om ’n priester te wees.

25. Daarom kan Jesus ook die mense heeltemal red, die mense wat Hy na God toe gelei het. Jesus kan dit doen omdat Hy vir altyd lewe om vir God te vra om hulle te help.

26. Ons Hoëpriester moes só wees: Hy moes aan God gewy wees, Hy moes onskuldig en rein wees, Hy moes nie saam met sondaars gelewe het nie, Hy moes ’n plek kry bokant die hemel by God.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7