Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:20-25 Bybel vir Almal (ABA)

20. Die God wat vrede gee, het ons Here Jesus, die groot Herder van die skape, weer laat lewe. God het dit gedoen omdat Hy sy ewige verbond met ons gemaak het toe die bloed van ons Here Jesus gevloei het.

21. Ons bid dat God vir julle alles sal gee wat goed is, sodat julle kan doen wat Hy wil hê, en ons bid dat Jesus Christus vir julle sal help om die dinge te doen waarvan God baie hou. Daarom moet ons God altyd prys. Amen.

22. Vriende, ek het julle bemoedig en ek vra baie ernstig vir julle dat julle goed moet luister na my woorde, want ek het nie ’n lang brief vir julle geskryf nie.

23. Julle moet weet dat ons vriend, Timoteus, nou nie meer in die tronk is nie. As hy gou kom, dan sal ek saam met hom na julle toe kom.

24. Sê groete vir al julle leiers en al die gelowiges. Die gelowiges van Italië stuur groete vir julle.

25. Ek bid dat God genadig sal wees vir julle almal.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13