Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Daarom het ook Jesus buite die stad se poort swaargekry en gesterf sodat Hy met sy eie bloed die volk kon wy, ja, Hy het dit gedoen toe Hy vir ons gesterf het.

13. Daarom moet ons uitgaan na Jesus toe, Hy is buite die kamp. Ons moet gaan terwyl die mense ook vir ons beledig soos hulle vir Hom beledig het.

14. Want hier op die aarde het ons nie ’n stad wat vir altyd daar sal wees nie, maar ons wil graag die stad hê wat later sal kom.

15. Jesus help vir ons, en daarom moet ons aanhou om ’n offer vir God te bring, ons moet Hom prys sodat almal dit kan hoor.

16. Julle moenie vergeet om baie goeie dinge te doen nie, julle moet graag van julle eie goed vir ander mense gee, want God is baie tevrede met daardie soort offers.

17. Julle moet luister na julle leiers en julle moet doen wat hulle vir julle sê, want hulle hou aan om julle op te pas, hulle sal eendag vir God moet sê hoe dit met julle gaan. As julle luister na hulle, dan sal hulle bly kan wees terwyl hulle vir julle help, hulle sal dan nie kla en sug nie, want dit sal nie goed wees vir julle nie.

18. Julle moet aanhou om vir ons te bid, want ons is seker dat ons goed weet wat is reg en wat is verkeerd, omdat ons heeltemal reg wil lewe.

19. Daarom vra ek vir julle nog baie ernstiger om vir my te bid, sodat God vir my gouer kan terugstuur na julle toe.

20. Die God wat vrede gee, het ons Here Jesus, die groot Herder van die skape, weer laat lewe. God het dit gedoen omdat Hy sy ewige verbond met ons gemaak het toe die bloed van ons Here Jesus gevloei het.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13