Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 1:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Seun van God is belangriker as die engele, want God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie: Jy is my Seun,Ek is van vandag af jou Vader.En ook nie: Ek sal vir Hom soos ’n pa weesen Hy sal vir Mysoos ’n seun wees.

6. God het ook gepraat toe Hy die Seun, wat belangriker is as almal, ingebring het in die hemel, die hemel wat nie verander nie en wat altyd daar sal wees. God het gesê:Al die engele van Godmoet Hom aanbid.

7. God sê van die engele: God stuur sy engele soos Hydie winde stuur,die weerlig werk vir Hom.

8. Maar God sê oor die Seun: U, o God, sal altyd Koning bly,U is regverdig wanneer Uoor mense regeer.

9. U was lief vir wat reg isen U het gehaatwat verkeerd is.Daarom, o God, het u Godvir U gesalfen Hy het vir U meer vreugdegegee as vir ander konings.

10. En God het ook gesê: U, o Here, het lank gelededie aarde vas laat staan,U het self die hemel gemaak.

11. Die aarde en die hemelsal verdwyn,maar U sal altyd daar wees.Hulle sal word soos ou klere,

12. en U sal hulle opvou soos klere,soos wanneer ’n mens ou klereuittrek en nuwe klere aantrek.Maar U bly altyd dieselfde,en U lewe vir altyd.

13. Ja, God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie: Sit hier langs My,op die belangrikste plek,Ek sal jou vyandevoor jou laat buig,en jy sal jou voete op hulle sit.

14. Nee, Hy het dit nie vir die engele gesê nie. Want hulle is almal geeste wat vir God werk, en Hy stuur hulle om die mense te help, want God wil die mense red.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 1