Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. en vir hom gevra om briewe te skryf wat hy, Saulus, kon saamneem na die leiers van die sinagoges in die stad Damaskus. Die briewe moes sê dat as Saulus mense kry wat behoort aan “Die Pad,” mans en vroue, dan mag hy hulle vang en na Jerusalem neem.

3. Terwyl Saulus op die pad was naby Damaskus, het daar skielik ’n lig rondom hom geskyn uit die lug.

4. Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?”

5. Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?”Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.

6. Maar jy moet opstaan en jy moet in die stad ingaan, dan sal iemand vir jou sê wat jy moet doen.”

7. Die mans wat saam met Saulus geloop het, was so bang en verbaas dat hulle stil gaan staan het, want hulle het die stem gehoor van die Persoon wat gepraat het, maar hulle het niemand gesien nie.

8. Toe Saulus opstaan van die grond, het hy sy oë oopgemaak, maar hy kon niks sien nie. Die mense wat saam met hom was, het toe sy hand geneem en hulle het hom in Damaskus ingebring.

9. Saulus kon drie dae lank nie sien nie, en het hy niks geëet en ook niks gedrink nie.

10. Daar was ’n gelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!”Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.”

11. Die Here sê toe vir Ananias: “Staan op en gaan na Reguitstraat. Jy moet in die huis van Judas soek na Saulus wat van die stad Tarsus kom. Jy sal sien hy is besig om te bid.

12. Terwyl Saulus gebid het, het Ek vir hom gewys dat ’n man na hom toe kom en dat hierdie man sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien. Die man se naam is Ananias.”

13. Maar Ananias het vir die Here gesê: “Here, baie mense het vir my vertel dat hierdie man baie slegte dinge in Jerusalem gedoen het aan die mense wat in U glo.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9