Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Terwyl hierdie dinge gebeur het, het Saulus aangehou om te probeer om die mense dood te maak wat in die Here glo. Hy het daarom na die hoëpriester toe gegaan,

2. en vir hom gevra om briewe te skryf wat hy, Saulus, kon saamneem na die leiers van die sinagoges in die stad Damaskus. Die briewe moes sê dat as Saulus mense kry wat behoort aan “Die Pad,” mans en vroue, dan mag hy hulle vang en na Jerusalem neem.

3. Terwyl Saulus op die pad was naby Damaskus, het daar skielik ’n lig rondom hom geskyn uit die lug.

4. Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?”

5. Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?”Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.

6. Maar jy moet opstaan en jy moet in die stad ingaan, dan sal iemand vir jou sê wat jy moet doen.”

7. Die mans wat saam met Saulus geloop het, was so bang en verbaas dat hulle stil gaan staan het, want hulle het die stem gehoor van die Persoon wat gepraat het, maar hulle het niemand gesien nie.

8. Toe Saulus opstaan van die grond, het hy sy oë oopgemaak, maar hy kon niks sien nie. Die mense wat saam met hom was, het toe sy hand geneem en hulle het hom in Damaskus ingebring.

9. Saulus kon drie dae lank nie sien nie, en het hy niks geëet en ook niks gedrink nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9