Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:29-40 Bybel vir Almal (ABA)

29. Die Heilige Gees het vir Filippus gesê: “Jy moet nader gaan tot by die wa.”

30. Toe Filippus naby die wa kom, hoor hy dat die man lees uit die boek van die profeet Jesaja. Filippus vra toe vir hom: “Verstaan jy wat jy lees?”

31. Die man sê: “Hoe kan ek dit verstaan? Iemand moet dit vir my verduidelik.”Toe sê hy Filippus moet op die wa klim en hy moet langs hom kom sit.

32. Hy het hierdie deel van die Ou Testament gelees: Hy was soos ’n skaapwanneer iemand dit wil slag,soos ’n skaap-lam wanneeriemand sy wol afskeer.Hy het stilgebly,hy het nie sy mondoopgemaak nie.

33. Hulle het slegte dinge gedoenaan hom,hulle het nie reg gedoenaan hom nie.Hy kan nie ’n nageslag hê nie,want sy lewe op die aardeis verby.

34. Die amptenaar vra toe vir Filippus: “Ek vra mooi vir jou, oor wie praat die profeet so? Praat hy oor homself of oor iemand anders?”

35. Toe begin Filippus om die goeie boodskap oor Jesus vir die man te verduidelik. Hy het begin by hierdie deel van die Ou Testament.

36. Toe hulle verder ry, kom hulle by water. En die amptenaar sê: “Kyk, daar is water. Hoekom mag ek nie gedoop word nie? Is daar iets wat keer?”

38. Die amptenaar het gesê die wa moet stop. Filippus en die amptenaar het afgeklim tot in die water, en Filippus het hom gedoop.

39. Toe hulle uit die water kom, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem en die amptenaar het hom nie weer gesien nie. Die amptenaar het toe verder gegaan en hy was toe gelukkig.

40. Filippus was later in die stad Asdod. Hy het na verskillende plekke gegaan en hy het die goeie boodskap gebring in al die stede totdat hy in die hawestad Sesarea gekom het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8