Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:31-36 Bybel vir Almal (ABA)

31. Toe hulle klaar gebid het, het God die plek laat skud waar hulle bymekaar was. Die Heilige Gees het in almal gekom en hulle het toe die boodskap van God gebring, hulle was nie bang nie.

32. Baie mense het begin glo en hulle het almal dieselfde gedink en gevoel. Niemand het gesê dat sy goed net sy eie goed is nie, nee, hulle het alles gedeel met mekaar.

33. Die apostels het ernstig getuig dat die Here Jesus gesterf het, maar dat Hy weer lewe. En God was baie goed vir hulle almal.

34. Want niemand van hulle het te min gehad nie. Die mense wat grond of huise gehad het, het dit verkoop, en dan het hulle die geld gebring

35. en dit vir die apostels gegee. Die apostels het dit uitgedeel vir elkeen wat iets nodig gehad het.

36. Daar was ’n man, sy naam was Josef. Die apostels het hom Barnabas genoem. Barnabas beteken “Iemand wat ander mense bemoedig.” Hy was ’n Leviet, hy het van die eiland Siprus gekom.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4